Hospitale verwelkom Kersfees-babas
2009-12-25 22:55
Johannesburg – Hospitale reg oor die land het gehelp met die geboorte van menigte babas op Kersdag met sowat 200 babas wat in Suid-Afrika op dié dag gebore is.
‘n Hospitaal in die Oos-kaap het gehelp met die geboorte van ‘n dosyn babas oor die Kerstyd, het die departement van gesondheid Vrydag gesê.
Sizwe Kupelo, woordvoerder vir die departement in die Oos-Kaap, sê 12 babas is vanaf middernag op Kersaand in die Makiwane-hopsitaal in Mdantsane gebore.
In Frere-hospitaal in Oos-Londen is nog ses babas gebore terwyl die Lusikisiki-hospitaal ‘n dogtertjie op Kersdag verwelkom het.
Die aantal Kers-babas wat in Port Elizabeth gebore is, is nog nie bekend nie.
In Gauteng is sowat 18 geboortes op Kersdag geregistreer en menigte verwagtende vroue in hospitale reg oor dié provinsie sal glo nog aan Kersfees-babas geboorte skenk.
In Limpopo is 42 babas tydens die Kerstyd gebore.
Selby Makgotho, woordvoerder vir die departement van gesondheid in Limpopo, sê 27 dogtertjies en 15 seuns is in hierdie provinsie op Kersdag gebore.
- Sapa