'Hospitaal-verkragter' in hof
2012-01-09 18:56
Durban – ‘n Verpleër wat na bewering ‘n geestesversteurde pasiënt by die Osindisweni-hospitaal verkrag het, het Maandag in die Verulam-landdroshof verskyn, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
“Sandile Buthelezi (31) is op borgtog van R2 000 vrygelaat en die saak is tot 20 Februarie uitgestel,” het kapt. Thulani Zwane gesê.
Buthelezi het na bewering op 25 Desember ‘n 28-jarige vrou in die storte van dié hospitaal verkrag.
Hy het na bewering van die hospitaal af weggehardloop nadat die polisie hom ondervra het.
Hy is op 28 Desember in hegtenis geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA