Rob Ferreira-hospitaal sit sonder krag

2011-03-25 07:55
Tweets Share Share line Print

Nelspruit – Dit kan tot vier weke duur voordat die kragtoevoer na die Rob Ferreira-hospitaal hier volkome herstel is.

Die hospitaal is sedert Woensdag sonder krag nadat ’n brand in sy substasie uitgebreek het.

Die kragnetwerke van verskeie sale is Donderdag aan kragopwekkers gekoppel sodat die sowat 250 pasiënte wat steeds in die hospitaal is nie nog ’n nag in die donker deurbring nie.

John Mlangeni, woordvoerder van Mpumalanga se departement van gesondheid, het gesê ingenieurs is intussen volstoom besig om die oorsaak van die brand te ondersoek.

Intussen het die polisie ook ’n klag van brandstigting begin ondersoek, het lt.kol. Leonard Hla-thi, polisiewoordvoerder, gesê.
Twee pasiënte wat ten tyde van die brand in die waakeenheid behandel is, asook ses babas in broeikaste is reeds kort ná die kragonderbreking na ander hospitale, waaronder die Nelspruit Medi-Clinic, oorgeplaas.

Die aanvanklike vermoede was dat die brand deur ’n kortsluiting veroorsaak is.

Forensiese deskundiges van die polisie het Donderdag begin om die substasie vir leidrade te fynkam. Beeld het betroubaar verneem die moontlikheid van sabotasie word nie uitgesluit nie.

Die brand het Woensdag omstreeks 13:00 ontstaan. Daar is aanvanklik vermoed twee van die drie transformators in die substasie is in die brand verwoes. Dit het egter later aan die lig gekom dat die transformators net geringe skade opgedoen het.

Brandskade aan die reuse-sekeringskaste, stroombrekers en kragkabels beloop na raming R2 miljoen.

Die twee dieselaangedrewe noodkragopwekkers van die hospitaal is nie in die brand beskadig nie. Die kragopwekkers is in ’n gebou langs die substasie.

Hulle kan egter nie gebruik word nie omdat die sekeringskaste en hooftoevoerkabels waardeur hulle krag aan die hospitaal moet voorsien, dié is wat verwoes is.

Mlangeni het gesê die hospitaal se waakeenheid, kraamsaal, buitepasiënte- en ongevalle-afdeling, kombuis en lykhuis is gesluit.
Die hospitaal se kombuispersoneel en onafhanklike spyseniers maak kos in tydelike kombuise.

Lees meer oor: hospitale  |  krag

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.