Hoogste aandag vir plaasveiligheid
2010-04-14 21:15
Die Minister vir Landbou, Visserye en Bosbou, Tina Joemat-Pettersson, het ‘n beroep gedoen op mense wat hul vuurwapens openlik tydens die begrafnis van Eugene Terre’Blanche rondgeswaai het, om hulle aan die Regering se veldtog vir ‘n land vry van vuurwapens te verbind.
Joemat-Pettersson het aan die Parlementêre media gesê dat die beveiliging van plase, plaaswerkers en hul werkgewers dié geldjaar die hoogste aandag sal geniet.
“Ons is in ‘n tydperk in ons land waar die kwessie van veiligheid uitgelig word en ons is dankbaar hiervoor. Vir die eerste keer is dit sentraal op die agenda van die land. Ons debatteer kwessies oor rassisme op plase, plaaswerkers se toestande asook verhoudinge tussen plaaswerkers en werkgewers,” het sy gesê.
Veediefstal ook op die agenda
Onder die leierskap van Nathi Mthethwa, Minister vir Polisie, is soldate ontplooi om die landsgrense te bewaak sodat veediefstal en die onwettige beweging oor grense van landboukommoditeite beperk kan word.
Lees meer op landbou.com.