Hoofregter: Is Zuma progressief of konserwatief?

2011-07-31 09:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Daar is nou weer ’n taai stryd oor wie die land se volgende hoofregter gaan wees.

Die vraag is wie pres. Jacob Zuma gaan aanstel om hoofregter Sandile Ngcobo op te volg. Ngcobo het die afgelope week onverwags sy aanvanklike aanvaarding van die verlenging van sy ampstermyn teruggetrek.

“Dit sal beslis nie Dikgang (Moseneke) wees nie,” sê Lawson Naidoo, woordvoerder van die Council for the Ad­vance­ment of the SA Constitution (Casac).

Hy wil nie spekuleer oor wie hy dink Zuma vir die posisie gaan kies nie.

Nokukhanya Jele, woordvoerder van die National Association of Democratic Lawyers, en Dene Smuts, DA-woordvoerder oor justisie, glo egter Moseneke is wel die geskikte kandidaat.

“Dit is belangrik dat daar institusionele kontinuïteit en bestendigheid moet wees,” sê Jele.

Volgens hom het Ngcobo en Moseneke nou saamgewerk om transformasie te bewerkstellig. Moseneke kan dié proses verder voer.

Die probleem met Moseneke is dat hy “nie regeringsgeoriënteerd is nie”, sê prof. Marinus Wiechers, oudhoogleraar en grondwetkenner.

Moseneke het dit al duidelik gestel dat hy die Grondwet bó die regering sal beskerm en hy was in die verlede krities jeens die regering.

Ander regskenners glo regter Lex Mpati, president van die appèlhof, en regter Sisi Khampepe, ’n konstitusionele regter, is sterk kandidate.

“Khampepe sal ’n goeie keuse wees omdat sy die land se eerste vroulike hoofregter sal wees,” sê Wiechers.

Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad, het Vrydag op sy blog, Constitutionally Speaking, geskryf Zuma se keuse sal baie sê oor sy politieke menings en of hy progressief of konserwatief is.

“Die aangewese keuse is Moseneke. Sy aanstelling sal betekenisvol wees vir Cosatu en ander progressiewe stemme binne die ANC,” skryf Vos.

Indien Zuma egter die konserwatiewe binne die ANC wil paai – wat die invloed van die Grondwet wil beperk – sal hy ’n nuwe persoon, soos regter Mogoeng Mogoeng, aanwys.

Vos sê indien Zuma ernstig is oor die vroue-koukus binne die ANC, sal hy moontlik iemand soos regter Bess Nkabinde aanwys.

Nog ’n kandidaat is regter Dunston Mlambo, president van die arbeidshof.

Ander regskenners glo swart regters in die konstitusionele hof, soos Thembile Skweyiya en Mogoeng, en die land se regter-presidente het ook ’n sterk kans, sê Gertruida Jordaan, ’n advokaat van Pretoria.

Die konstitusionele hof het Vrydag bevind die verlenging van Ngcobo se termyn met vyf jaar was ongrondwetlik. Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, sê Zuma sal voor 15 Augustus besluit oor die aanstelling.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: sandile ncgobo  |  jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.