Hoofgetuie, advokaat in bekgeveg in Kebble-saak

2010-07-31 10:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - “Ek is nie ’n leuenaar nie, jou beskuldigde is ’n leuenaar!” het Clinton Nassif, die staat se hoofgetuie in die Kebble-moordverhoor, gister aan Glenn Agliotti se regsverteenwoordiger geskree.

Adv. Laurance Hodes SC het net vantevore hard en herhaaldelik aan Nassif gesê hy lieg. Dit het in ’n oor-en-weer-bekgeveg ontaard waarin albei gelyk ewe hard gepraat het.

Regter Frans Kgomo het ingegryp.

“Mnr. Nassif, moenie so emosioneel raak nie, selfs nie as jy nie hou van wat gesê word nie. As jy so emosioneel is, kan jy baie maklik iets sê waaroor jy later spyt gaan wees.”

Nassif is een van die vier beplanners van die moord op die mynmagnaat Brett Kebble en die aanval op Stephen Mildenhall, ’n ouditeur van Allan Gray, wat drie keer gewond is.

Nassif en die drie mans wat die skietwerk gedoen het, het almal ooreenkomste met die staat aangegaan ingevolge art. 204 van die Strafproseswet dat hulle gevrywaar sal word van vervolging as hulle die eerlike en volle waarheid praat.

Hodes het dit herhaaldelik aan Nassif gestel dat hy nie sy vrywaring gaan kry nie omdat hy lieg.

Hodes het uitgewys dat Nassif in sy “204-verklaring”, waarin hy onderneem het om die volle waarheid te gee, Agliotti nêrens genoem het as deel van die plan om Mildenhall te skiet nie.

Dié verklaring is op 8 November 2006 afgelê. Nassif betrek Agliotti vir die eerste keer in ’n “aanvullende verklaring” wat eers vanjaar op 30 Maart sonder art. 204-beskerming afgelê.

Volgens Hodes is dit omdat Nassif “gemotiveer” is om Agliotti te betrek. “Hierdie is woorde wat in jou mond geplaas is,” het Hodes gesê. Nassif het dit ontken.

In die tweede verklaring sê Nassif Agliotti het hom gelukgewens met die taak wat hy uitgevoer het (om Mildenhall te laat skiet).

Agliotti het hom voor die tyd R200 000 gegee van die R1 miljoen waarop hulle ooreengekom het.

Aanvanklik het Nassif getuig hy het R200 000 kontant van Agliotti gekry en dit aan mnr. Mikey Schultz gegee om Mildenhall vir twee tot drie maande “uit sirkulasie” te kry. Daarna het hy getuig hy “kan nie onthou” of dit ’n tjek was wat hy laat wissel het of kontant nie. Daarna het hy egter getuig dit was ’n tjek van sy eie maatskappy.

Hodes: “Besef jy dat jy nou drie verskillende antwoorde op dieselfde vraag gegee het binne een minuut? Besef jy watter gek maak jy van jouself in hierdie hof?”

Nassif het gister die naam van ’n senior joernalis, Paul Kirk van die Citizen, gevoeg by die wenslysie van mense wat Kebble en sy vennoot mnr. John Stratton wou laat doodskiet.

Vroeër is ook verwys na die “redakteur van Noseweek”, wat vermoedelik verwys het na Martin Welz. Ander mense op die lysie was Mark Bristow, hoofbestuurder van Randgold Resources, Mark Wellesley-Woods, ’n direkteur van Durban Roodepoort Deep, en Daniel Jean Nortier, finansiële hoof van Aflease Limited.

- Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: clinton nassif  |  brett kebble

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.