Hoof van hospitaal geskors vir korrupsie
2011-06-17 11:13
Durban – Die uitvoerende hoof van 'n hospitaal in KwaZulu-Natal is geskors vir beweerde korrupsie, het die provinisiale departement van gesondheid gesê.
"Die departement Thandi Dube, waarnemende uitvoerende hoof van die Church of Scotland-hospitaal in Msinga, is geskors nadat interne ondersoeke voorgestel het dat sy geskors word voor 'n dissiplinêre proses kan voortgaan," het Chris Maxon in 'n verklaring gesê.
Die departement het "verskeie klagtes" van personeel en lede van die publiek ontvang oor korrupsie en nepotisme by die hospitaal.
"Ons kan nie presies sê wat sy gedoen het nie, want sy is nog nie intern aangekla nie."
Die departement finaliseer die saak en sal binnekort 'n dissiplinêre verhoor hou.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA