Hoof van Jhb-nooddienste appelleer skorsing
2011-06-22 18:03
Johannesburg – Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, het gesê hy het 'n brief van dr. Audrey Gule, hoof van die Johannesburgse nooddienste, ontvang waarin sy haar skorsing teenstaan.
Gule, wat in 2004 aangestel is, word van bedrog en korrupsie beskuldig. Sy is sedert verlede maand met siekverlof.
Een van die bewerings teen haar is dat sy vermoedelik R200 000 van die stad se geld in haar sak gesteek en na bewering nie die kontrakte van drie beamptes in die finansiële departement, wat dít uitgevind het, hernu het nie.
Gule is Maandag geskors.
Sy is met betaling geskors hangende die uitkoms van 'n dissiplinêre proses.
Tau het gesê die proses moet sy gang gaan.
"Dit is belangrik dat ons verseker elkeen kry 'n regverdige verhoor."
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter