Hoof beboet ná slae met kolf

2010-10-21 08:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die ouers van ’n leerling van die Laerskool Burgersfort in Mpumalanga meen ’n skulderkenningsboete van R1 000 is ’n heeltemal te ligte straf vir die skoolhoof wat hul seun met ’n krieketkolf geslaan het.

Die ma van die seun, wat ingevolge wetgewing nie geïdentifiseer mag word nie omdat hy minderjarig is, het aan Beeld gesê sy weier om die saak daar te laat.

Coert Erasmus, hoof, het die seun glo ’n paar weke gelede met ’n krieketkolf oor die boude geslaan.

Die ma is ná die voorval skool toe waar sy Erasmus gekonfronteer en hom gewaarsku het “om nie aan my kinders te vat nie”.

Volgens die ma het sy die polisie gebel, maar toe hulle twee dae later nog nie by haar huis was nie, het sy ’n klag by die polisiekantoor gaan indien.

Die ma het Woensdag gesê die ondersoekbeampte in die saak het haar tydens die ondersoek twee keer gevra of sy die saak nie wil terugtrek nie.

Sy het geweier en die uiteinde was dat Erasmus ’n skulderkenningsboete van R1 000 betaal het.

“Ek dink dit is belaglik. ’n Boete verander niks aan die vernedering en pyn waardeur hy my kind gesit het nie.”

Erasmus het erken hy het die boete betaal en gesê die departement is oor die voorval ingelig.

Die ma het die saak Dinsdag ook by Kinderlyn se kantoor in Polokwane aangemeld waarheen die inbelsentrum haar deurgeskakel het.

Sy het ook per MMS foto’s van haar kind se rooi boude na Rose Thulele in dié kantoor gestuur.

Thulele was nie Woensdag op kantoor nie, maar ’n woordvoerder het bevestig hulle weet van die voorval en dit sal ondersoek word.

Dr. James Lidderd, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het gesê hulle het die ouers gaan spreek en aangebied om ’n interne verhoor te hou.

“Hulle het uit hul eie ’n klag by die polisie ingedien.”

Volgens Lidderd het hy die onderwysdepartement se kringbestuurder gebel om te hoor wat hulle te doen staan.

“Hy was ten tyde van die voorval nie by sy kantoor nie en het gesê totdat daar nie ’n amptelike klag is nie, is daar nie ’n saak nie.”

Lidderd het gesê hy het nog nooit klagte van ander ouers gekry dat hul kinders aangerand word nie.

“Die voorval is jammer en (mnr.) Erasmus is daaroor aangespreek. Hy is steeds ’n goeie hoof wat baie goeie werk vir die skool doen,” het Lidderd gesê.

 

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.