Honderde poste weg weens geldtekort

2010-08-05 09:37
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Altesaam 300 onderwysposte in die Wes-Kaap gaan aanstaande jaar afgeskaf word.

“Die departement het ’n tekort van R197 miljoen gehad,” het Paul Boughey, hoof van die Wes-Kaapse ministerie van onderwys, gesê. Ná besparings is daar steeds ’n tekort van R97miljoen.

“Ons het geen ander keuse as om poste te verminder nie.”

Dié feite het Woensdag op ’n konsultasie-vergadering met vakbonde om die beplanning vir 2011 te finaliseer, aan die lig gekom.

“Die harde werklikheid is dat daar net nie geld is nie.”

Dié poste sal grootliks verminder word deur vakante poste, waarvan daar 945 in die Wes-Kaap is, nie te vul nie. Onderwysers wat in distrikskantore werk, se poste sal egter in die gedrang kom.

Die afgelope vyf jaar is jaarliks bykomende poste geskep. Daar is tans 32246 onderwysers in diens van die WKOD.

Die geldtekort het die afgelope vier jaar opgebou en spruit hoofsaaklik uit die resessie, verhoogde salarisse van onderwysers en beroepspesifieke vergoeding (OSD-betalings).

“Ons gaan alles in ons vermoë doen om te verseker geen onderwyser wat daagliks voor ’n klas staan, word verwyder nie.”

Die onderwyser-kind-verhouding per klas sal steeds 34:1 bly.

Volgens Boughey is personeel hul grootste uitgawe, dan volg infrastruktuur en handboeke.

“Dit help nie ons het onderwysers, maar geen geboue waarin onderrig kan plaasvind of geen materiaal waarmee dit gedoen kan word nie.”

Bongani kaMcoyana, Wes-Kaapse voorsitter van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou), het gesê die WKOD is heel duidelik nie ernstig oor onderrig in arm skole nie.

“Ons gaan dit beslis nie aanvaar nie.”

Pieter Coetzee, Wes-Kaapse sekretaris van die SAOU, het gesê die stelsel maak nie voorsiening daarvoor dat mense sommer net afgedank kan word nie.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: onderwys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.