Honderde dakloos, talle beseer ná tornado's
2011-10-03 07:00
Johannesburg – Honderde mense is dakloos gelaat nadat 'n tornado die Duduza-township naby Nigel, oos van Johannesburg, getref het, het paramedici gesê.
André Visser, woordvoerder van ER24, het gesê 105 mense is beseer.
Prince Hamnca, woordvoerder van Ekurhuleni se uitvoerende burgemeester, sommige mense word nog behandel, maar hy sal eers Maandag verdere inligting kan deurgee."
Die R550-pad in Nigel is gesluit weens bome wat geval het.
'n Negejarige seun is dood en 42 mense beseer nadat 'n tornado Sondag Ficksburg in die Vrystaat getref het.
"Een persoon is dood en meer as 1 000 huise is verwoes," het Chris Botha, woordvoerder van Netcare, gesê.
Honderde mense is dakloos gelaat.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA