Honderde by Lolly Jackson-begrafnis
2010-05-10 13:46
Johannesburg - Honderde mense het Maandagoggend by die Suidpark-begrafplaas in Elspark byeengekom vir die begrafnisdiens van die vermoorde Teazers-baas, Lolly Jackson.
Talle joernaliste het ook saamgedrom en gewag op die arrivering van Lolly Jackson se kis.
Een roubeklaer het gesê hy het op nommer laaste vanuit Londen gevlieg om Jackson te groet.
"Ek het hom vir jare geken,” het die man gesê wat homself as Marc Levy geïdentifiseer het.
Hy self is ook ‘n eienaar van ontkleeklubs reg oor die wêreld.
Jackson sal tussen die grafte van sy oorlede ouers en sy babaseun, George begrawe word.
Jackson, gedoop die "King of Teaze" is verlede Maandagaand by ‘n huis in Kempton Park geskiet.
Die polisie is steeds opsoek na die man, genaamd George Smith wat hulle met die moord verbind.
-Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.