Honderde ANC-lede by eeufeesvieringe verwag
2012-01-21 12:30
Kaapstad – Honderde ANC-lede en ondersteuners word Saterdag (vandag) by die ANC se eeufeesvieringe in Oos-Londen in die Oos-Kaap verwag.
Pres. Jacob Zuma sal die hoofrede lewer in die Absa-stadion.
Die feesvieringe volg ná die nasionale eeufees-saamtrek wat op 8 Januarie in Mangaung gehou is.
Die ANC se 100-ste bestaansjaarvieringe sal regdeur die jaar in al nege provinsies plaasvind.
Die ANC het gedurende die week 'n biddiens gehou vir alle kerklike denominasies wat betrokke was by die totstandkoming van die ANC en sy bevrydingstryd.
'n Kranslegging is ook gehou by die grafte van Davidson Don Tengo Jabavu, Dr. WB Rubusana en Ebenezer Xala Pelem wat die eerste adjunkpresident van die ANC in 1912 was.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.