Hond vasgemaak, verbrand
2011-06-06 18:57
Johannesburg – 'n Hond moes Maandag uitgesit word nadat hy in Daleside, Vereeniging, aan die brand gesteek is, het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Maandag gesê.
"Die hond het doodstil gestaan omdat dit te pynvol was om te beweeg. Geen dier verdien die barbaarse, wrede teistering nie," het Marlien Pieterse, bestuurder van die DBV in Vereeniging gesê.
Die Shar Pei-teefhond was nog lewend toe sy Maandag gevind is. Sy is met elektriese drade vasgemaak en haar hele lyf was verbrand.
"Haar wonde was te erg, so die beste ding wat ons kon doen was om haar uit te sit."
Die DBV en die plaaslike polisie is op soek na die skuldiges.
Die skuldiges sal ingevolge die Wet op Dierebeskerming aangekla word.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA