Hond leef nadat skurk mes in haar kop druk

2011-08-08 09:07
Tweets Share Share line Print

Die Stellenbosse kunstenaar en musikant Vernon Swart by sy hond Bella, wat Saterdagoggend met ’n mes in haar kop gesteek is toe sy ’n rooftog gefnuik het. Die steekwond, sowat 12 cm diep, het nie enige skade aangerig nie en buiten vir ’n paar steke i

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Stellenbosch – “Kom kyk gou, jou hond hardloop in die straat rond met ’n mes in haar kop.”

Met dié boodskap is die Stellenbosse skilder en musikant Vernon Swart Saterdag omstreeks 08:00 deur ’n buurman wakker gebel.

Dit blyk toe Swart se sesjarige kruising van ’n Duitse herdershond en ’n terrier, Bella, het ’n rooftog gefnuik waartydens ’n booswig haar met ’n dolk in die kop gesteek het.

Swart, bekend om sy naakstudies en landskappe en as Valiant Swart se tromspeler, het aanvanklik gedink die oproep is ’n grap.

“Dis mos absurd,” het hy Sondag gesê terwyl Bella rustig voor die kaggel in hul huis in Dennesigstraat, Stellenbosch, gelê het.

Ná die oproep het hy buitentoe gegaan, waar die “polisie aangecharge gekom het”.

“Toe bevlieg Bella húlle,” het Swart vertel.

Die buurman het die polisie intussen ontbied aangesien daar ook in dié se erf indringers was.

Die voornemende rower(s) het nooit die Swart-woning binnegedring nie, maar moes in hul erf gewees het.

Swart en sy vrou, Ingrid, wat tydens die voorval by die werk was, maar intussen huis toe gekom het, het Bella na ’n veearts geneem.

Sy is onder narkose geplaas en die veearts moes sy knie teen haar kop druk om die dolk uit te trek, het Swart gesê.

Afgesien van die steke wat Bella moes kry om die wond te heg, is sy tot hul verbasing blykbaar piekfyn.

Die dolk was sowat 12 cm diep tussen haar oë ingedruk, maar het haar brein blykbaar nie binnegedring nie.

Swart het gesê hy het die dolk aan die speurder oorhandig en die polisie sal hopelik vingerafdrukke daarop kan neem.

Maj. René Matthee, Stellenbosch se polisiewoordvoerder, het gesê hulle ondersoek ’n saak van opsetlike saakbeskadiging.

Om Bella vir haar dapperheid te beloon, het Ingrid Saterdagaand vir haar ’n stuk filet gaargemaak.

“Sy was nog onder narkose en het nog so half dronk geëet,” het sy vertel. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: stellenbosch  |  honde  |  huisbraak  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PHP Developer

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R15000 - R28000

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.