Hofmeyr-besluit 'nie deur politiek gedryf'
2011-11-30 18:50
Johannesburg – Die presidensie het bewerings ontken dat die vervanging van Willie Hofmeyr as hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) deur politiek gedryf is.
“Die bewerings is betreurenswaardig... om hierdie slinkse politiese motivering (in die besluit) te lees, is om onsself skade te berokken en Suid-Afrikaners te ontmoedig,” het Mac Maharaj, woordvoerder, Woensdag gesê.
“Hierdie (aanwysing) is ‘n strategiese herstrukturering om die kapasiteit te versterk om misdaad en korrupsie te bestry. Dit is gedryf deur ‘n nood om dinge drasties te verbeter.”
Zuma het die aanwysing van voormalige regter Willem Heath as die nuwe hoof van die SEO Dinsdag aangekondig.
Volgens Maharaj is Zuma en Jeff Radebe, minister van justisie, reeds ‘n jaar lank in gesprekke oor die herstrukturering.
Die toenemende werklading sou Hofmeyr “doodgemaak het”.
“Saam sal hulle die top-span in die stryd teen misdaad en korrupsie wees.”
Heath was hoof van die SEO toe hy ‘n regter in die Oos-Kaapse Hooggeregshof was, maar het in 2001 bedank.
Maharaj het dié gekritiseer wat meen Heath is te na aan Zuma.
“Wat beteken dit? Dat wanneer jy President Zuma dien, jy as onvolmaak beskou moet word? Mnr. Heath het professioneel opgetree en toe hy weg is, het Suid-Afrikaners gevoel dat hy ‘n baie goeie werk gedoen het.”
Gevra oor sy verhouding met Zuma, het Heath gesê hy het in sy kapasiteit as onafhanklike konsultant opgetree toe Zuma in 2009 aanklagte van korrupsie in die gesig gestaar het.
“My aanstelling is op geen manier ‘n beloning of ‘n terugbetaling nie,” het Heath gesê.
- Lees hier meer oor die aanstelling.
- Volg Nuus24 op Twitter