Hof hoor van R15 000 vir meisie se vet

2011-12-06 08:01
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ’n Tradisionele dokter van Bloemfontein sou R15 000 vir die vet van ’n meisie betaal, het die Vrystaatse hooggeregshof gister gehoor in die verhoor van ’n man wat aangekla word dat hy ’n 12-jarige meisie vermoor het.

Net haar kopbeen, rugstring en enkele bene is later in ’n gruisgroef naby Brandfort gekry.

Luckyboy Segopolo (32) van die Majwemasweu-woonbuurt by Brandfort het voor waarnemende regter S. Naidoo ontken dat hy tussen 30 April en 2 Mei vanjaar vir Ida Ngomba (12) vermoor het.

Kapt. Paseka Mojaki van Bloemfontein het Maandag getuig dit is die vyfde moetie-moord wat hy ondersoek, maar die eerste een waar die slagoffer verbrand is.

Segopolo het vrywillig in die polisiekantoor op Brandfort vir hom vertel hy het die meisie verwurg.

Hy het vertel hoe hy en ’n makker, Tsediso, haar na ’n stadion gevat het om haar borste en binnevet af te sny en haar lyk te verbrand.

Hulle het haar in ’n staalbad gesit en vuur gemaak.

Dit het só erg gestink dat hulle die reuk nie kon verduur nie en ook bang was mense in ’n nabygeleë taverne sou dit ruik.

Hulle het haar in ’n plastieksak gesit en Tsediso is met haar weg.

Mojaki het getuig Segopolo, wat aanvanklik bereid was om uitwysings te doen, het die volgende dag geweier.

Hy was bang vir die gemeenskap.

In die erf waar Segopolo woon, het hy ’n stuk van ’n trui gekry en in ’n toilet en aan ’n deurkossyn van die huis het hy bloed gekry.

Mojaki het getuig die afdeling van die polisie waar hy werk, werk met moetie-moorde.

Hy is na Brandfort gestuur omdat vermoed is dat toordery betrokke kon wees.

Die gemeenskap van Brandfort was kwaad en wou die polisie aanval op soek na die meisie se aanvallers.

Adv. Pieter Nel, namens Segopolo, het aan Mojaki gestel dat Segopolo ontken dat hy só ’n weergawe van die gebeure aan hom vertel het.

Joseph Mosibili, wat saam met Segopolo as veiligheidswagte by die stadion, wat onder konstruksie was, gewerk het, het getuig Segopolo het die aand van 30 April laat by die werk opgedaag.

Sy wit hardloopskoene was bebloed.

Hy het gesê hy was in ’n geveg met ’n vriend en het die vriend met ’n bottel gesteek.

Mosibili het dié vriend die volgende dag gesien. Hy het niks makeer nie.

Adv. Amanda Bester het Maandag namens die staat dieselfde moordaanklag teen Godfrey Tsediso Makonyane (35) teruggetrek, omdat hy nie betrokke was nie. Die verhoor duur voort.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: moetie-moorde  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.