Hof hoor hoe boer gekap, gesleep is

2010-04-21 10:10
Tweets Share Share line Print

Frans Coetzee, Volksblad

Kimberley – ’n Welgestelde kleinhoewe-boer van die omgewing is met ’n graaf teen die kop gekap, na ’n pakkamer gesleep waar ’n swaar ysterklip op sy kop gegooi is, voordat sy aanvaller goed in die opstal gesteel en gevlug het.

Só het ’n Zimbabwiese burger Dinsdag in die hooggeregshof die grusame dood van Elias Khari Sehularo (81) van die G. Sekai-kleinhoewe naby Roodepan in sy pleitverduideliking beskryf.

Die welbekende Sehularo, ’n wewenaar en vermoënde boer, het op 15 Mei verlede jaar aan veelvuldige skedelbreuke en breinbeserings op sy kleinhoewe beswyk.

Die vermoorde het ’n sny van 15 cm lank, wat tot in die breinweefsel gedring het, oor sy regterslaap gehad. Verdere veelvuldige skedelbreuke en breinbeserings is deur stompgeweld veroorsaak.

Luidens die nadoodse ondersoekverslag het Sehularo nog geleef toe die ysterklip teen sy kop gegooi is, want hy het bloed met asemteue in sy regterlong gesuig.

Gift David Muko-ndo (19) van Makopane in die Potgietersrus-distrik, het sedert 8 Mei na bewering met ’n vals werkpermit en onder ’n vals naam vir Sehularo gewerk.

Vier Roodepanse speurders, kapt. Nippie Hendricks, kapt. Dolf Louwrens, ao. Anthony Shuping en insp. Piet Hugo, het Mkukondo 18 dae ná die moord in ’n uitgebreide soektog in Limpopo aangekeer.

Die massiewe ysterklip, groter as ’n sokkerbal, is Maandag van ’n polisiebakkie gelaai en met ’n kruiwa na die hof gebring waar dit as bewysstuk ingedien sal word.

Waarnemende regter M.V. Pha-tshoane het ’n pleit van onskuldig op ’n aanklag van moord aangeteken.

Dit kom nadat adv. Theunis Barnard vir die staat ’n enkele sin in Mukondo se pleitverduideliking betwis het.

Barnard het gesê die staat aanvaar nie Muko-ndo se weergawe dat hy nie die opset gehad het om Sehularo dood te maak toe hy hom met die graaf gekap het nie, omdat hy glo slegs wou hê Sehularo moet weg van hom beweeg.

Luidens die pleitverduideliking wat adv. Lentswe Setouto namens Mukondo in die hof voorgelees het, is die beskuldigde van Masvingo, Zimbabwe.

’n Woordewisseling het op die dag van die moord tussen hom en Sehularo oor ’n gebreekte ruit ontstaan.

In ’n stadium het Mukondo ’n graaf in sy hand gehad waarmee hy die erf skoongemaak het. “Toe Sehularo nader kom, het ek hom met die graaf se onderkant (die skerp kant) teen die kop gekap. Ek het hom na ’n gebou langs die pakkamer gesleep. Ek het ’n klip op sy kop gegooi. Sehularo het nog geskop voordat ek hom met die klip gegooi het.”

Mukondo het erken hy het toe ’n selfoon met ’n simkaart, ’n trapfiets, ’n radio-DVD-speler en R1 000 in die luukse plaashuis gesteel. Hy het na Limpopo gevlug waar hy aangekeer is.

Mukondo het gesê hy is baie jammer oor wat hy aan Sehularo gedoen het. Hy het die vermoorde se familie om vergifnis gevra.

Die staat en die regter het Muko-ndo se pleitverduideliking in verband met die diefstalklag aanvaar.

Die verhoor duur voort.

Lees meer oor: plaasaanvalle  |  moorde  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Tanya Van Heerden sê... Ek stem saam met die finale beslissing.. Ek dink dat Julius Malema vir hom moet kry. Hy het gedink dat hy kan maak en breek soos hy wil en ha ha ha toe dop hy n moerse toets.. Hoop sy mond sal nou bietjoie toe bly. Hy het seker ook gedink dat almal vir hom gaan opstaan. Welcome to the real world. Die dae van apartheid bestaan nie meer nie Julius.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.