Hof: Zuma mag nie NDOV aanstel
2009-08-11 10:07
Johannesburg – ‘n Interdik wat deur die Pretoriase hooggeregshof toegestaan is verhoed Jacob Zuma om ‘n nasionale direkteur van vervolging permanent (NDOV) aan te stel.
Dié bevel is Dinsdagoggend toegestaan en sal toegepas word totdat die hof uitspraak gelewer het in die saak van die voormalige NDOV, adv. Vusi Pikoli.
Regter Ben du Plessis het in minder as 'n minuut uitspraak in dié saak gelewer.
Du Plessis het gesê Pikoli het 'n prima facie-saak voorgelê.
Aslam Moosajee, Pikoli se prokureur, se het gesê hulle is verheug oor die uitspraak.
"Ons moet bewus wees van die feit dat dit deel van die proses is."
Moosajee het gesê hoewel hy nog die geskrewe uitspraak bestudeer, is die interdik toegestaan omdat Pikoli 'n prima facie-saak aan die hof voorgelê het.
"Die skadevergoeding sou nie vir (adv.) Pikoli op enige manier bevoordeel het nie."
Pikoli is R10 miljoen skadevergoeding aangebied nadat hy afgedank is. Hy het egter besluit om die die geld te vat nie en eerder sy afdanking in die hof te betwis.
Pikoli voer aan dat sy afdanking ongrondwetlik en onwettig is en dat hy heraangestel moet word.
Die saak word in November verhoor.
– Sapa