'Hoeveel die ANC-fees kos, is nie belangrik'

2011-11-28 09:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Dit gaan nie oor hoeveel die eeufeesviering kos nie, dit gaan daaroor dat daar ’n suksesvolle eeufeesviering gaan wees.

Só het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Saterdag op ’n mediakonferensie op die Philip Sanders-oord buite Bloemfontein gesê.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het Sondag die laaste keer vanjaar vergader.

Volgende jaar se eeufeesviering, die welstand van die organisasie en sub-komitees was op die agenda.

“Hoeveel dit (die eeufeesviering) gaan kos, is die gevolg van die werk wat gedoen is. Hoe die geld ingesamel gaan word, het ook te doen met wie die organisasie ondersteun.

“Dit is nie die 100 jaar van die ANC nie, dit is 100 jaar van die struggle van ons mense teen kolonialisme en onderdrukking. En daarom moet ons mense feesvier.”

Volgens Mantashe gaan die eeufeesviering aanstaande jaar oor die jaar heen plaasvind.

Hy het gesê geen vaste bedrag kan nou al aan Januarie se feesviering in Mangaung gekoppel word nie, omdat dit nou eers in die opboufase is.

Vroeër is reeds bespiegel die eeufeesviering kan tot R400 miljoen kos.

Mantashe het ook gesê hulle is tevrede met die Rosestad se voorbereiding vir die eeufeesviering.

“Mangaung is reg. Ons het al die stadions, Waaihoek en al die ander plekke besoek en is tevrede.”

Volgens Mantashe gaan die stad in Januarie onder groot druk wees weens die groot aantal mense wat die eeufeesviering gaan bywoon.

“Mangaung is klein en die infrastruktuur is klein. As Mangaung skeur van al die mense is dit ’n positiewe probleem, want ons gaan niks as negatief beskou nie.”

Mantashe het gesê die ANC is ’n gesonde party wat groei en die eerste keer meer as ’n miljoen lede gaan hê.

NUK-lede was Saterdag in ’n ontspanne luim toe die media enkele minute toegelaat is om hulle te fotografeer. Trevor Manuel, beplanningsminister, het selfs ’n kortbroek gedra en Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, het tekkies by haar romp gedra.

Sommige mense het selfs opgemerk die media het net kom kyk of Julius Malema ook daar is.

Die NUK het die eerste dag die eeufees bespreek. Pres. Jacob Zuma het ook ’n politieke oorsig gelewer.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: gwede mantashe  |  sa politiek  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Theuns sê... Jy is so deurmekaar soos katkots in 'n tuimeldroeer! En jy is reg jy weet wat jy doen. Jy ou stortkop het ons land op sy kniee. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Intermediate .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

330i E90 AT
2007
R 329,000.00

AUDI

A4 1.8 Turbo
2007
R 199,995.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.