Hoës in polisie hof toe oor Krejcir-klopjag

2011-04-02 21:29
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die prokureurs van die Tsjeggiese bedrog-verdagte Radovan Krejcir het 'n skadevergoedingseis van R2 miljoen teen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en die nasionale polisiekommissaris, genl. Bheki Cele, ingedien ná 'n klopjag by Krejcir se huis in Bedfordview.

"Hierdie is namens Krejcir se seun, Dennis, 18, die Tsjeggiese besoeker Miloslav Potiska, Krejcir se werknemer Michael Arsiotis en Arsiotis se vriendin, Tracey Swanepoel," het Piet du Plessis aan die nuusagentskap Sapa gesê.

Die vier, wat by die huis was ten tye van die klopjag verlede Dinsdag, beweer hulle is ontvoer, aangerand en lastig geval deur die owerhede, wat na bewering opgetree het in opdrag van speurder Paul O'Sullivan.

"Toe die polisie die huis binnekom het hulle [na bewering] vir Dennis met kabels vasgemaak, hom weggeneem, gedreig, en toe later weer vrygelaat," het Du Plessis aan Sapa gesê.

Die ander is ook glo ontvoer en "op onwettige wyse hanteer", het hy gesê.

Swanepoel en Arsiotis beweer dat geen lasbrief aan hulle gewys is nie.

Krejcir se seun eis R1 miljoen se skadevergoeding, Arsiotis en Potiska eis elk R500 000, en Swanepoel eis R200 000.

Daar is tydens die klopjag beslag gelê op 'n sogenaamde moordlys met vier name daarop – dié van die staatsaanklaer Riegal du Toit, O'Sullivan, die onderwêreld-baas Cyril Beeka, en dr. Marian Tupy.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.