Hoe voel boere oor veiligheid?
2010-04-22 22:25
Johannesburg - “Die heel belangrikste aspek is dat die boer ‘n goeie verhouding met sy plaaswerkers moet hê, want in die meeste gevalle is ‘n misdaad die gevolg van ‘n slegte verhouding tussen die boer en sy plaaswerkers,” sê Karabo Peele, wat buite Ventersdorp en Rustenburg boer.
Peele sê hy boer al vir 26 jaar en het nog nooit probleme met aanvalle op sy plase gehad nie, maar wel met diefstal. Hy sê hy is nog nie geraak deur veediefstal nie, maar pale en draad van heinings word gereeld by hom gesteel.
Gedeelde verantwoordelikheid:
Hy meen boere is tot ‘n groot mate verantwoordelik vir hulle eie veiligheid, maar dat die staat dieselfde diens ten opsigte van veiligheid aan alle mense moet gee. “Die Polisie moet ook die plase patrolleer sodat hulle ook hier sigbaar kan wees soos wat hulle in inkoopsentrums of in townships is.”
Lees meer hier.