Hoë se vrou in tronk oor dwelms; wat nou?

2010-02-01 10:42
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp

Kaapstad. – Die Hibuskus-munisipaliteit (Uvongo/Margate) is nie seker wat hulle te doen staan nadat Sheryl Cwele, eggenote van die minister van staatsveiligheid, op dwelmverwante aanklagte in hegtenis geneem is nie.

Die skandaal is ook ’n brandnetel vir die regering wat sedert Vrydag ’n doodse stilte handhaaf én dr. Siyabonga Cwele, immer te besig om kommentaar te lewer.

Mev. Cwele is direkteur van gesondheid en gemeenskapsdiens by die Hibuskus-munisipaliteit.

Sbu Mkhize, munisipale bestuurder, het aanvanklik by navraag volgehou daar is geen rede om mev. Cwele te skors nie omdat sy “net gearresteer” is. “Beteken dit sy is skuldig?”

Hy het later toegegee dat die plaaslike regering vandeesweek oor die kwessie sal beraadslaag.

Dr. Cwele het self nog nie ’n enkele woord gerep sedert sy vrou Vrydagmiddag in die Pietermaritzburgse hooggeregshof verskyn het nie.

’n Onbekende man het sy selfoon gister beantwoord en gesê die minister “is in ’n vergadering”. Hy het navrae na dr. Cwele se woordvoerder verwys, maar Cwele het nie ’n woordvoerder nie.

Thabile Mhlamvu, mediabeampte van die departement van staatsveiligheid, kon nie kommentaar lewer nie omdat haar selfoon stukkend is.

Cope eis dr. Cwele se bedanking en Theo Coetzee, DA-LP, gaan vra dat hy voor die parlement verskyn “sodat ons die versekering kan kry hy tree op in belang van Suid-Afrikaners en die Grondwet en nié dwelmsmouse nie”.

Volgens sr.supt. Musa Zondi, woordvoerder van die Valke, word mev. Cwele in polisieselle in Pietermaritzburg aangehou en sal sy Vrydag om borgtog aansoek doen.

Die polisie ondersoek sedert 2008 bewerings dat mev. Cwele en Frank Nabolis, ’n Nigeriër, by dwelmhandel betrokke is en jong wit vroue gewerf het om dwelms die land in te bring.

Intussen kon nie ’n enkele regeringswoordvoerder bereik word om kommentaar te lewer nie.

Ook pres. Jacob Zuma se woordvoerders het nie op boodskappe ge-reageer nie.

- Beeld

Lees meer oor: skandale

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.