Hoë kry vyf jaar vir kleuter se dood

2010-03-12 08:34
Tweets Share Share line Print

Susan Cilliers, Die Burger

Johannesburg-’n Hoë ANC-amptenaar is Woensdag in die Newlands-landdroshof in Johannesburg tot vyf jaar tronkstraf gevonnis weens die dood van ’n vierjarige seuntjie.

Junior Belang is op 28 Oktober 2008 dood toe ’n opslagkoeël uit Uriel Abrahamse se geweer hom in Westdene in die maag getref het. Abrahamse is ’n bestuurder by Luthuli-huis, die ANC se hoofkwartier in Johannesburg.

Hy sal tien maande van sy vonnis in die gevangenis uitdien en die res in huisarres. Hy is nog nie in die tronk nie, want hy is op borgtog vrygelaat hangende sy appèl teen die vonnis.

“Ons is verlig hy is nou gevonnis,” het kapt. Richard Belang, ’n polisieman en Junior se pa, gister gesê.

Hy en sy vrou, Abigail, het “in die steek gelaat gevoel deur die staat” omdat Abrahamse nie aan moord skuldig bevind is nie. Abrahamse is aanvanklik van moord aangekla, maar het skuld op dié aanklag ontken.

Hy het wel skuld beken op ’n aanklag van strafbare manslag en is in Oktober verlede jaar daaraan skuldig bevind.

Abrahamse het op die dag van Junior se dood ’n man wat glo sy seun se selfoon gesteel het deur ’n parkie by die Sunbeam-crèche in Westdene gejaag, is vroeër getuig.

Hy het op die vermeende dief geskiet en ’n opslagkoeël het Junior getref. Hy is op die toneel dood.

Abrahamse het toe in ’n motor gespring en agter die man aangejaag. ’n Ooggetuie het Abrahamse agternagesit en hom vertel hy het ’n kind geskiet. Abrahamse het niks gesê nie en voortgegaan om die vermeende dief te jaag, het die hof gehoor.

Landdros Koos Pretorius het gesê Abrahamse het nie as ’n getuie beïndruk nie en homself telkemale weerspreek.

 Ishmael Mnisi, ANC-woordvoerder, het vroeër gesê die ANC kan nie kommentaar op Abrahamse se skuldigbevinding lewer nie omdat dit niks met die party te doen het nie.

- Die Burger

Lees meer oor: moorde  |  tronke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

jj.walt1 sê... Die perlemoen word een keer per jaar (ek dink) op veiling gesit en aan ide hoogte bieder verkoop. DIt is natuurlik 'n heerlike slenter vir die smokkelaars om 'n wettige uitvoerpermit te verkry - koop 1 ton - smokkel 10 uit... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 77kW 5-dr MY10
2010
R 165,000.00

FORD

Bantam 1.6i XLE PU MY09
2009
R 134,900.00

FORD

Ikon 1.3i L
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.