Hoe jonges met MIV ly

2010-06-03 08:46
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg – Die aantal adolessente met MIV word al hoe meer soos kinders met dié virus oorleef omdat hulle toegang kry tot antiretrovirale medisyne (ARM) in Suider-Afrika.

MIV-positiewe jongmense kort egter gespesialiseerde sorg omdat hulle wroeg met erge sielkundige probleme en nie altyd hul medisyne korrek neem nie, het navorsers bevind.

Luidens ’n artikel in die jongste Bulletin of the World Health Organisation het ’n studie in Zimbabwe getoon 56% van MIV-positiewe adolessente het emosionele en sielkundige probleme.

Hulle het min selfvertroue, sukkel met verhoudings en is te bang om hul MIV-status bekend te maak.

Dr. Rashida Ferrand van die London School of Hygiene and Tropical Medicine in Brittanje en een van die outeurs, het gesê ’n hoofrede vir gepasmaakte dienste vir dié kinders is om hulle sover te kry om te hou by hul ARM-voorskrifte.

As ’n mens ARM ongereeld gebruik, kan dit veroorsaak dat die MI-virus in die liggaam weerstandig raak teen die medisyne.

Later word dit moeiliker om die virus met medisyne in toom te hou.

’n Risiko bestaan ook dat weerstandige virusse seksueel oorgedra kan word.

“Ons versuim om dié jonges se ontluikende seksualiteit en tipiese adolessente behoefte om te konformeer, in ag te neem, kan lei tot ’n hoër voorkoms van onveilige seks,” het Ferrand gesê.

In Zimbabwe was daar in 2007 sowat 120 000 kinders met MIV.

Die data van 115 MIV-klinieke in Zimbabwe het getoon daar word 24 958 kinders behandel.

56% van die adolessente het gesukkel met psigososiale probleme en 36% neem hul ARM ongereeld.

Een uit vyf adolessente het nie hul MIV-status in hul gemeenskap bekend gemaak nie.

Die adolessente sukkel om te identifiseer met hul MIV-negatiewe maats, voel angstig oor seksuele verhoudings en is bang vir die toekoms.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: miv/vigs  |  jong mense

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Briek sê... Besef ons dat hierdie Devon presies dieselfde persoon is as Blip, James Manyi en Legens ??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Procurement Administrator - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.