Hoë in vloot van aanranding aangekla

2010-07-12 08:11
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ’n Vlootadmiraal is van aanranding aangekla nadat hy na bewering ’n tingerige Chinese winkeleienaar geklap en haar seun glo met ’n verwarmer gemoker het.

Die admiraal het op sy beurt ook ’n klag teen die seun ingedien.

Ironies genoeg was skout-adm. (junior graad) Ralph Ndabambi tot einde verlede jaar Suid-Afrika se militêre attaché in China. Hy is tans die hoof van vlootmagte-personeel in Simonstad.

Die voorval het onlangs een Saterdagoggend plaasgevind toe hy glo by ’n R5-winkel in Vishoek in ’n argument met die winkeleienaar betrokke geraak het.

Volgens die People’s Post het ’n ooggetuie vertel daar het ’n kabaal in die winkel ontstaan toe ’n grootgeboude man aan ’n ander klant gesê het die winkel verkoop gemors.

Die winkeleienaar het aan hom gesê as hy nie gelukkig is met die winkel se voorraad nie, moet hy eerder die winkel verlaat.

Die volgende oomblik het die man die vrou glo geklap dat sy “van ’n muur afgebons het”.

Die winkeleienaar se seun het agter uit die winkel vorentoe gestorm en met die man begin stoei.

Die volgende oomblik het die man die seun met ’n verwarmer, wat hy onder sy arm gehad het, geslaan. Die seun se neus was vol bloed en sy bolip is oopgeslaan, het die ooggetuie beweer.

Die gestoei het vervolgens glo buite die winkel en in die straat af voortgeduur.

Na verneem word, beweer Ndabambi die vrou het eerste haar vingers in sy oë gedruk.

Ao. Chris Cloete, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer teen Ndabambi by Vishoek se polisiekantoor aanhangig gemaak is.

Skout-adm. Rusty Higgs, vloot-vlagoffisier in Simonstad, het by navraag gesê Ndabambi was van diens af en nie in uniform nie toe die voorval gebeur het.

Die hoof van die vloot, vise-adm. Johannes Mudimu, sal volgens Higgs op enige verdere stappe besluit namate meer getuienis beskikbaar word. Tugstappe teen hom sal deur die uitslag van die hofsaak bepaal word.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: aanranding  |  vloot

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.