Hoë betaal R13 000 om motor te huur

2011-07-21 09:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Adjunkminister het R13 000 betaal om ’n luukse voertuig vir ’n enkele dag te huur.

Dit is deel van meer as R200 000 wat die ministerie van openbare ondernemings die afgelope jaar betaal het vir die huur van motors.

Die DA het in reaksie opnuut daarop aangedring dat pres. Jacob Zuma die ministeriële handboek dringend moet wysig om verdere geldverkwisting deur sy kabinet te voorkom.

Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, het dié inligting in ’n antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag deur JJ van der Linde, DA-LP, verskaf.

In een geval het Ben Martins, adjunkminister van openbare ondernemings, meer as R13 000 vir die huur van ’n VW Touareg vir ’n enkele dag betaal.

Van der Linde wou by die minister weet hoeveel sy ministerie die afgelope boekjaar aan die huur van motors bestee het. Die DA vra nou watter motorhuurmaatskappye gebruik is en waarom hulle gebruik is as hul pryse aansienlik hoër as die markverwante daaglikse koste is.

Die party het dié uitgawe Woensdag as onaanvaarbaar bestempel.

Dit bring die bedrag wat sewe ministeries die afgelope jaar aan die huur van motors bestee het op R1,5 miljoen te staan, het die DA ­gesê.

Luidens Gigaba se antwoorde het sy ministerie van 1 Maart 2010 tot op hede altesaam R201 904 aan die huur van motors bestee. Die inligting wat verskaf is, het ook betrekking op die vorige minister en adjunkminister van openbare ondernemings. Hul uitgawes aan gehuurde motors maak sowat R22 000 van die totale bedrag uit.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: wanbesteding  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.