Hier’s die SABC-verslag wat LP’s geheim wou hou

2010-08-24 08:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Dr. Ben Ngubane (SABC-raadsvoorsitter) en Solly Mokoetle (SABC-groephoof) is die struikelblokke op die openbare uitsaaier se pad na geldelike stabiliteit en goeie korporatiewe bestuur.

Benewens Mokoetle se volgehoue minagting van die SAUK-raad, beteken Ngubane se buitengewone, ongewone en waaghalsige pligsversuim die raad kan nie sy statutêre en fidusiêre pligte nakom nie en die uitsaaier sal nie sy uitgawes aan die einde van die 2011-’12-boekjaar kan dek nie.

Dít is die strekking van ’n omvattende en vertroulike voorlegging wat die SAUK-raad vanoggend aan LP’s gaan doen.

Die voorlegging, wat tydens ’n geslote vergadering van die portefeuljekomitee oor kommunikasie gedoen sal word, is sonder Ngubane se bydraes deur die hele raad opgestel en onderskryf.

Die raad verklaar daarin ’n eskalasie van die voortslepende geldkrisis wat in die 2008-’09-boekjaar ’n hoogtepunt bereik het, staar die SABC in die gesig.

Hy sal ook vandag aan LP’s bevestig dat:

Die verhouding tussen die raad en die voorsitter “onherstelbaar verbrokkel het”;

’n Tugprosedure teen Mokoetle van stapel gestuur is; en

Die raad self verantwoordelikheid vir die opstel van ’n omvattende omkeerstrategie oorgeneem het.

Die voorlegging gee ’n breedvoerige oorsig van die raad se werksaamhede sedert hy in Januarie aangestel en Ngubane deur pres. Jacob Zuma as voorsitter aangestel is.

Dit het gevolg op meer as twee jaar se konflik, aantygings oor politieke inmenging en wanbestuur in die uitsaaier se uitvoerende bestuur en raad, wat uiteindelik tot reuse-verliese en ’n regeringslening van meer as R1,4 miljard gelei het.

Volgens die raad kon die heersende probleme by die SABC – waaronder geldmors, ongerymdhede met aankope en swak korporatiewe bestuur – weens Ngubane en Mokoetle se eensydige en soms onreëlmatige bestuurstyl nog nie opgelos word nie.

Ngubane word daarvan beskuldig dat hy raadsvergaderings summier en op kort kennisgewing kanselleer, dat hy inligting weerhou en raadslede verhoed om hul oorsigrol te vervul.

Die vernaamste klagte oor hom handel egter oor sy eensydige aanstelling – in oorleg met Mokoetle – van Phil Molefe as SAUK-nuushoof.

Die raad beweer dít is strydig met die SABC se oprigtingsakte en met ’n besluit van die raad gedoen.

Die raad beweer ook Ngubane “het op verskeie geleenthede aan raadslede gesê hy tree (met die aanstelling van die nuushoof) onder direkte instruksies van die president van die republiek op”.

Ismail Vadi (ANC), komiteevoorsitter, het gesê die vergadering word agter toe deure gehou sodat raadslede én Ngubane die vrymoedigheid sal hê om openlik oor hul griewe te praat.

Opposisiepartye het Vadi se versoek om ’n geslote vergadering ondersteun.

Juli Kilian (Cope) sê dis tyd dat ’n “ferm hand” die sukkelende SABC ophelp en dat besluit is om dit privaat te hou vanweë moontlike regstappe wat kan volg.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: media  |  sabc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.