Herstelwerk by hospitaal voltooi
2011-02-09 23:00
Johannesburg – Die teaters by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg funksioneer nou weer normaal en operasies sal voortgaan soos beplan, het die Gautengse departement van gesondheid Woensdagaand bekend gemaak.
Daar is vroeër berig dat operasies by die hospitaal gekanselleer is weens toerusting wat buite werking was.
Volgens Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondheid, het die pasiënte het hom genader oor die probleem.
Ses van die pasiënte het glo borskanker.
Na bewering is die operasies gekanselleer weens 'n tekort aan narkosegas en stoom waarmee sjirurgiese instrumente gesteriliseer word.
“Sommige operasies, wat nie as noodgevalle gesien is nie, moes uitgestel word sodat die kontrakteurs herstelwerk aan die koker kon doen,” het Simon Zwane, woordvoerder vir die departement van gesondheid, in ‘n verklaring gesê.
Die herstelwerk is glo teen Woensdagmiddag voltooi en alle operasies sal voortgaan soos beplan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA