Herrie oor DA-vlag van trekker afgeruk is

2011-03-02 08:09
Tweets Share Share line Print

Koppies - Die munisipale bestuurder van die Ngwathe-munisipaliteit het glo ’n DA-vlag van ’n boer se trekker afgeruk toe dié gras op die dorp gesny het.

Carina Serfontein, DA-takvoorsitter op Koppies, sê dié boer het gras wat die munisipaliteit veronderstel is om kort te hou, gesny omdat die munisipaliteit “faal” om sy pligte, soos die basiese skoonmaak en opruiming van Koppies, uit te voer.

’n Groot DA-vlag is op die grassnyer, wat deur ’n trekker beheer word, aangebring.

Serfontein sê dié boer het die gras op versoek van die DA gesny.

Hy het self die trekker, grassnyer en diesel verskaf.

Die boer wil nie sy naam gepubliseer hê nie.

Serfontein sê Jonas Mosala, munisipale bestuurder, het beslag gelê op dié vlag.

“Hy het gesê hulle kan nie toelaat dat mense sien wie die gras sny nie en indien daar enigsins politieke identifikasie is, moet die werk onmiddellik gestaak word,” sê sy.

Steve Naale, munisipale woordvoerder, het nie pertinent bevestig of ontken dat Mosala die vlag afgepluk het nie.

“Die DA se bewerings is net om politieke punte vir die komende munisipale verkiesing te kry,” was sy amptelike kommentaar.

“Die munisipaliteit kan diens aan inwoners lewer, ongeag sy probleme.”

Dorpe in dié Ngwathe-munisipale gebied (onder meer Parys, Koppies en Heilbron) gaan swaar gebuk onder swak munisipale dienslewering.

Koppies ervaar gereeld water- en kragprobleme.

Diensleweringsprobleme het die afgelope maande reeds tot verskeie uitbarstings gelei.

Woedende inwoners van Kwakwa-tsi op Koppies het die munisipale kantoor aan die brand gesteek.

Op Heilbron het dae lange betogings teen gebrekkige dienslewering by tye in geweld ontaard, deurdat ANC-raadslede se huise beskadig en versterkte polisiespanne ingeroep is om betogers te kalmeer.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
48 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.