Heroïne, dagga by poskantoor gevind
2011-11-19 18:15
Kaapstad – Die polisie het beslag gelê op 46 g heroïne en 2 kg dagga by die Cape Mail-poskantoor in Elsiesrivier, het 'n woordvoerder Saterdag gesê.
Ao. November Filander, woordvoerder, het gesê die dagga is in 'n boks, wat met geskenkpapier toegedraai was, gevind. Die ander twee sakke met die heroïne is tydens 'n roetine-ondersoek gevind.
Die geraamde waarde van dié items is R12 500.
Niemand is teen Saterdagoggend in hegtenis geneem nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA