Hernude spanning tussen regering en boere

2010-08-02 06:30
Tweets Share Share line Print

Somerset-Wes. – Hernude spanning dreig tussen die regering en kommersiële boere nadat Agri SA op die laaste dag uit die nasionale beraad vir kwesbare werkers geloop en hom aan verdere deelname onttrek het.

Geeneen van Agri SA se insette wat aan kommissies gelewer is, is glo in die resolusies vervat nie.

Johannes Möller, president van Agri SA, het net nadat die resolusies Saterdagoggend aan die beraad voorgelees is vir aanvaarding die verhoog betree en in ’n kort verklaring Agri SA se ongelukkigheid te kenne gegee.

Hy meen Agri SA het te goeder trou aan die beraad deelgeneem, maar dat die “wel oorwoë voorstelle wat op die provinsiale berade gemaak is, ook nie op die nasionale beraad ter tafel gelê is nie”.

“Dit is duidelik dat die uitkomste van die beraad belyn is met vooraf opgestelde politieke standpunte wat geensins verband hou met die werklikhede op plaasvlak nie.”

Möller het kort hierna die afvaardiging van 12 boere uit die markiestent by die Lord Charles-hotel gelei. “Die hand wat die boere uitgesteek het, is vir die soveelste keer weggeklap. Ons kan ook net soveel vat.”

Agri SA sal egter steeds voortgaan om buite die beraad met die regering daaroor te praat.

Sowat 1100 plaas-, vissery- en bosbouwerkers het die twee dae lange beraad bygewoon.

“Agri SA het die reg om so op te tree, maar enige optrede word gevolg deur ’n reaksie. Ek weet nie waar hulle ’n ander platform gaan vind nie, beslis nie in Suid-Afrika nie,” het Boitumelo Tshwene, LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake in Noordwes wat direkteur van die program was, in sy reaksie gesê.

Die landbou-organisasie TLU SA het op die beraad gebly, hoewel hy bekommerd is oor vier sake wat in resolusies vervat is.

Jan Viljoen, voorsitter van die TLU SA in Limpopo, het gesê: “Ons wil graag ’n geleentheid hê om die dokument buite hierdie beraad met die minister
(van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson) te bespreek.”

Joemat-Pettersson, wat ná afloop van die drama eers opgedaag het, het TLU SA bedank dat sy vertoonwoordigers aangebly het en gesê dit is nie nodig om verskille buite die beraad op te los nie.

Sy het ’n trustfonds bekend gemaak om werkers wat afgedank word omdat hulle die beraad bygewoon het, met regstappe te help.

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront+ en Joemat-Pettersson se adjunk, meen die kommersiële boere en plaaswerkers is op die beraad teenoor mekaar afgespeel.

“Dit kan op kort termyn politieke voordeel vir die ANC inhou, maar dit is vernietigend op lang termyn vir die ontwikkeling van die platteland en vir verhouding op plase.”

 

- Beeld

Lees meer oor: agri sa  |  boere

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.