Henning-seuntjie moes moord nie sien

2011-12-15 07:31
Tweets Share Share line Print

Pretoria – “The bitch has the baby this weekend.”

Dié woorde van die vermeende meesterbrein agter die sluipmoord op Chanélle Henning het haar dood met ’n paar dae uitgestel, want die opdrag was duidelik: Die jong ma mag nie geskiet word as haar seuntjie, Benjamin (4), by was nie.

Dít was van die getuienis wat Woensdag in die Pretoriase streekhof uitgekom het tydens die pleit- en vonnisverrigtinge van die twee mans wat Henning op 8 November geskiet het.

Luidens nog getuienis het een van die samesweerders wat wou kop uittrek ’n polisieman gevra om hom te kom sien. Hy wou hom oor die moordkomplot inlig. Die polisieman het nie opgedaag nie.

Henning is twee maal geskiet. Die skoot in haar bors het haar dood veroorsaak.

Willem Martinus (Pike) Pieterse en die oudpolisiekonstabel Gerhardus du Plessis is elk R10 000 vir dié sluipmoord belowe. Hulle het gister volgens ’n pleitooreenkoms skuld beken op aanklagte van moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Albei is effektief tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Die mans het gelate gelyk terwyl adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, die feite volgens hul pleitverduidelikings aan die hof verduidelik het.

Du Plessis en Pieterse het in Julie vanjaar bevriend geraak.

Pieterse het vertel dat hy mnr. Ambrose Monye in Oktober ontmoet het deur ’n persoon genaamd Sly, ook bekend as ­Rude Boy, en vir Monye werk vir ekstra geld gedoen het.

Monye het glo vir Pieterse en Du Plessis gesê iemand wou ’n persoon “uithaal”.

Dis toe dat hulle, luidens hofstukke, vir André Gouws, glo ’n vriend van Henning se vervreemde man, ontmoet het.

Gouws het toe vir Henning reeds twee weke lank agtervolg, het die mans gesê.

Hy het ook opdrag gegee dat Henning nie voor die kind geskiet moet word nie. Die sluipmoord is vir die naweek van 5 en 6 November beplan.

Maar tydens ’n ontmoeting met Gouws was hy besig met ’n telefoonoproep. Du Plessis het die persoon aan die ander kant hoor sê: “The bitch has the baby this weekend.”

Henning se moord is na die Maandag verskuif.

Intussen het Pieterse en Du Plessis stry gekry en Pieterse het toe probeer om self vir Henning te skiet.

Hy moes egter die plan laat vaar weens ’n ongeluk met sy motorfiets.

Intussen het Du Plessis die polisieman probeer nader. Sly het daarvan gehoor en het hom gedreig sy familie sal van kant gemaak word.

Op 8 November het die twee mans op Pieterse se motorfiets vir Henning by Benjamin se kleuterskool gewag.

“Die oorledene het in haar kar geklim. Du Plessis het van die motorfiets afgeklim en nader gestap. Hy het twee skote na haar geskiet terwyl sy probeer wegjaag het.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: chanelle henning  |  moorde  |  misdaad  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.