Henning-moordbeskuldigde kry borgtog
2011-11-30 12:28
Pretoria – Een van die vyf mans wat in verband met die moord op die jong Chanelle Henning van Pretoria in hegtenis geneem is, is Woensdag op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Streeklanddros Kirro Pillay het borgtog aan Preshan Singh toegestaan op grond van "uitsonderlike omstandighede vir sy betrokkenheid in die moord", maar streng borgtogvoorwaardes is ingestel.
Ten spyte van die erns van die aanklagte teen Singh het Gerrie Nel, staatsaanklaer, nie sy borgtogaansoek teengestaan nie.
Singh moet ingevolge sy borgtogvoorwaardes elke Woensdag- en Sondagaand by die Hercules-polisiekantoor in Pretoria-Wes aanmeld. Hy is ook beveel om nie direkte of indirekte kontak met die drie staatsgetuies te maak nie.
Henning is op 8 November doodgeskiet kort nadat sy haar seun by die kleuterskool afgelaai het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA