Henning-moordbeskuldigde in hof vir korrupsie

2011-12-09 14:35
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die geskorste Pretoriase polisiebeampte wat in verband met die moord op Chanelle Henning in hegtenis geneem is, het in die hof verskyn vir korrupsie, berig Pretoria News.

Gerhardus du Plessis het Donderdag op aanklag van korrupsie in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn. Dié aanklag hou verband met 'n gesteelde dossier.

Hy is deur Donald du Plessis van die Regshulpraad verteenwoordig.

Sy vorige regsverteenwoordiger het hom tydens sy laaste hofverskyning in November aan die saak onttrek.

Die hof het gehoor dat die 34-jarige Gerhardus, wat ook teregstaan op aparte aanklagte van sameswering om moord te pleeg, moord en die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie, sy borgtogaansoek in die Henning-moordsaak laat vaar het en in pleitonderhandelings met die staat is.

Die aanklag van korrupsie en dié van moord hou nie verband met mekaar nie.

Sy regsverteenwoordiger het gesê dit sal nutteloos wees om borgtog in die korrupsie-saak in te stel omdat sy kliënt op moordaanklagte by die Garsfontein-polisiekantoor aangehou word.

Ná 'n versoek deur Donald du Plessis, het die hof ingestem dat die staat 'n R2 000, wat Gerhardus se broer vir borgtog betaal het, aan hom terugbetaal.

Die hof het ook ingestem om die aanklagte van korrupsie met die ander aanklagte saam te voeg.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.