Henning-moord: Drie in hof
2011-12-14 09:30
Pretoria – Drie mans verskyn Woensdag in die hof in verband met die moord op die 26-jarige Chanelle Henning van Faerie Glen, Pretoria.
Gerhardus du Plessis en Willem Pieterse het verlede maand met die staat vergader oor 'n moontlike pleitooreenkoms.
Du Plessis, 'n geskorste polisieman, het erken dat hy Henning doodgeskiet het.
Henning is verlede maand dood kort nadat sy haar vyfjarige seun by die kleuterskool afgelaai het.
Die motorfietsryers is owat 40 minute voordat Henning geskiet is ook voor die skool gesien waar hulle haar vermoedelik ingewag het.
Toe Henning by die skool wegtrek, het hulle aan haar bestuurskant verbygery en haar deur haar ruit geskiet.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA