Hengelaars dok dalk nie baie op

2010-03-08 08:16
Tweets Share Share line Print

Marelize Barnard

Kaapstad. - Die “straf”-permitte vir sporthengel en ander mariene verwante aktiwiteite wat luidens die Staatskoerant van 1 Mei met tot 500% verhoog word, gaan ná al die drama, onsekerheid en woede dalk nie eers meer geïmplementeer word nie.

Zolile Nqayi, woordvoerder van mariene en kusbestuur (MKB), het gister gesê hoewel die datum vir implementering luidens die kennisgewing in die Staatskoerant as 1 Mei aangedui word, “kan dit later wees”.

Terwyl duisende hengelaars steeds landwyd mobiliseer in hul verset teen die voorgestelde tariefverhogings, het Nqayi ook nou in dié laat stadium bevestig die verhogings kan “dalk net verwant wees aan die verbruikersindeks” eerder as die uitermatige verhogings wat in die Staatskoerant se kennisgewing uiteengesit is.

Asof die deurmekaarspul nie erg genoeg is nie, is die kennisgewing wat op 29 Januarie in die Staatskoerant gepubliseer is, onderteken deur die minister van water en omgewingsake, Bu­yelwa Sonjica. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, is van 1 April af verantwoordelik vir mariene sake.

Die finale aanbeveling deur die amptenary van die huidige mariene en kusbestuur oor die verhogings van permitte gaan aan albei die ministers gestuur moet word.

Tot die besluit oor die verhogings dan deur Joemat-Pettersson geneem moet word, geld die huidige permittariewe.

Volgens Nqayi is die gesprekvoering met betrokkenes in die hengelbedryf nog nie verby nie. Die geleentheid vir die indiening van geskrewe voorstelle het op 1 Maart gesluit, maar MKB het Vrydag ’n opvolgvergadering in KwaZulu-Natal gehad met rolspelers en nog ’n ontmoeting gaan in Port Nolloth gehou word.

Luidens ’n verslag deur die Suid-Afrikaanse Diepsee-Hengelvereniging (SADSAA), met 8?000 geregistreerde lede, word die verhoogde permittariewe beskryf as strafpermitte wat onrealisties, onvolhoubaar en onaanvaarbaar is.

Die verhoogde tariewe gaan volgens insette aan die MKB misdadigers maak van gewone wetsgehoorsame mense, omdat armer mense van veral kusgemeenskappe wie se vangste hul voedselsekerheid is nie die verhoogde tariewe kan bekostig nie.

Cary Steele-Boe, voorsitter van Sport-hengeldienste, het gister gesê dit is onnodig om mense só te toets. Die kennisgewing moes in die eerste plek nie in die Staatskoerant verskyn het nie, omdat dit ’n voorstel was. “Die kwaad is klaar gedoen. Die publiek weet nie wat aangaan nie.”

- Die Burger

 

Lees meer oor: hengel  |  lisensie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.