Helfte van SA'ners gevra vir omkoopgeld
2011-11-25 15:24
Kaapstad – Meer as 52% van Suid-Afrikaners is al gevra om omkoopgeld aan 'n verkeersbeampte te betaal ten einde 'n boete vry te spring.
Statistieke Suid-Afrika het in sy oorsig – Slagoffers van Misdaad 2011 – vasgestel dat 5,6% van huishoudings in die land tussen 2008 en 2010 gevra is om omkoopgeld aan regeringsamptenare te betaal.
Byna 16% het vir bestuurderslisensies betaal en 14% van werksoekers het amptenare omgekoop om werk te kry.
Die adjunk-direkteur vir bevolkings en maatskaplike statistiek, Kefiloe Masiteng, het gesê dit is kommerwekkend dat Suid-Afrikaners so bereid is om die wet te oortree wanneer hulle gevra word om omkoopgeld te betaal.
Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG