Helderberg-brand streng gemonitor
2011-04-18 17:00
Kaapstad – Kaapstad se rampbestuur het die groen lig gegee dat sowat 30 gesinne in die Helderberg-omgewing, wat hulle huise oor die naweek moes ontruim, kan terugkeer.
Hulle is as 'n voorsorgmaatreël ontruim weens 'n verwoestende brand wat Saterdag in die Helderberg-natuurreservaat uitgebreek het.
Vrywilligers van die gemeenskap het die gesinne gehuisves.
Dertien strukture is in die brand verwoes of beskadig.
'n Woordvoerder van die brandweer, Theo Layne sê die brand is onder beheer gebring, maar brandbestryders hou steeds die situasie dop.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter