'Hekse' in Limpopo gestenig
2011-03-22 15:14
Johannesburg – Twee vroue van Limpopo wat voorheen daarvan beskuldig is dat hulle hekse is, is dood nadat hulle deur mense gestenig is, het polisie gesê.
Cynthia Lemaho (26) en Mupala Motopela (81) van Limpopo is uit hulle huis gesleep en met klippe doodgegooi, het polisiewoordvoerder brig. Hangwani Mulaudzi gesê.
Volgens Mulaudzi is die vroue ná die steniging terug na hulle huis gesleep. Die woning is daarna aan die brand gesteek.
Lemaho se kinders, onderskeidelik twee en twaalf jaar oud, is ongedeerd nadat hulle daarin geslaag het om weg te hardloop.
Die rede waarom plaaslike inwoners hulle as hekse beskou het, is onduidelik.
Polisie in die provinsie het die aanval veroordeel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA