Hek val vierjarige dood
2011-10-14 23:04
Johannesburg – ‘n Vierjarige seuntjie van Potchefstroom is dood toe ‘n hek wat van staal gemaak is bo-op hom val, het die Noordwes polisie gesê.
Luitenant kolonel Lesego Metse sê die seuntjie
en sy vriende was besig om te speel deur
die hek oop en toe te stoot toe die hek se skarnier uithaak.
Die swaar hek het die seuntjie se skedel
vergruis.
‘n Saak van strafbare manslag is oopgemaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA