Hegte paar sterf saam

2011-11-16 08:05
Tweets Share Share line Print

Pretoria – In ’n moderne Romeo en Juliet-verhaal het ’n bejaarde vrou haarself in die hart geskiet nadat sy op haar man se lyk afgekom het oomblikke nadat hy homself geskiet het.

Gloria du Toit (77) het die vuurwapen opgetel waarmee haar man, Theuns du Toit (79), homself geskiet het en haarself op haar bed langs hom in die hart geskiet.

Twee vriendinne het vergeefs probeer keer.

Inez Schonken, verpleegbestuurder van die Amandasig-aftreeoord in die noorde van Pretoria, het gesê alles het net te vinnig gebeur.

“Hulle het altyd gesê hulle wil nie sonder mekaar leef nie. Sy kon nie sonder hom nie en hy kon nie sonder haar nie.

“Die twee mensies was net klaar met die wêreld. Hulle was alleen en wou net basies ’n einde aan hul lewe maak.”

Dié tragedie het homself Dinsdag omstreeks 06:00 in huis nommer 70 afgespeel.

Ao. Annerie Robinson, polisiewoordvoerder, het gesê mnr. Du Toit het homself in die kop geskiet, waarna mev. Du Toit haarself in die hart geskiet het.

Schonken het gesê mnr. Du Toit het homself eerste geskiet. Sy vrou was vermoedelik in die badkamer besig toe sy die skoot hoor.

Nadat mev. Du Toit haar man se lewelose liggaam gesien het, het sy twee vriendinne, wat naby haar woon, geroep om haar kinders te bel. Dié twee vriendinne is albei in die 70’s.

“Al wat mev. Du Toit vir haar vriendinne gesê het, was dat hulle haar kinders moet bel. Hulle het by haar in die slaapkamer, waar haar man gelê het, gestaan. Die een het nog probeer om met haar te praat, maar alles het te vinnig gebeur,” het Schonken gesê.

“Daar voor hulle het sy die vuurwapen opgetel en haarself geskiet.”

Schonken het gesê die twee vroue is baie getraumatiseer en het Dinsdag berading ontvang, asook ’n besoek van ’n predikant.

Volgens Schonken is al die inwoners van die aftree-oord geruk deur die gebeure.

Die Du Toit-egpaar was van die eerste inwoners van die oord toe dit 22 jaar gelede oopgemaak het. Hulle het lang paadjies geloop saam met meeste van die inwoners.

Schonken het gesê die Du Toit-egpaar was baie stil, rustige en teruggetrokke mense.

Hulle het geen briewe gelos nie.

Die Du Toit-egpaar se drie kinders het, nadat hulle die nuus van hul ouers se dood gehoor het, na die huis gegaan waar hulle almal gisteraand geslaap het.

Robinson het gesê die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: selfmoord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.