'Heath se kop sal nie sommer rol'

2011-12-14 08:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Dis onwaarskynlik dat oudregter Willem Heath sal “sneuwel” in die ondersoek wat tans teen hom aan die gang is.

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, het Dinsdag by navraag gesê hy dink nie ’n “kliniese besluit” sal oor dié nuut aangestelde hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) geneem word nie.

“Ek verwag eerder ’n verlengde proses – soos dat daar van hom verwag sal word om met bewyse vorendag te kom, maar dat hy toegelaat sal word om met sy werksaamhede by die SOE voort te gaan.

“As hy letterlik afgedank word voordat hy begin werk, sal dit ’n groot verleentheid vir pres. Jacob Zuma wees.”

Dit sal veral ’n verleentheid wees in die lig van die hofuitspraak dat adv. Menzi Simelane se aanstelling as nasionale direkteur van openbare vervolging onwettig was, asook Zuma se besluit om regter Mogoeng Mogoeng as hoofregter aan te stel.

Zuma het Jeff Radebe, minister van justisie, verlede week gevra om Heath se uitsprake te ondersoek.

Heath het oudpres. Thabo Mbeki twee weke gelede in ’n koerantonderhoud daarvan beskuldig dat hy voor die ANC-leierskapstryd in 2007 in Polokwane ’n aandeel gehad het aan die aanklagte van verkragting en korrupsie teen Zuma.

Heath het onder meer gesê regter Hillary Squires se hofuitspraak teen die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik, Zuma se voormalige finansiële raadgewer, was “gebrekkig”.

Squires het Shaik in 2005 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens korrupsie en bedrog.

Mbeki het die regering, as Heath se werkgewer, uitgedaag om sy bewerings te bewys.

Heath het reeds tersaaklike inligting oor dié kwessie vir oorweging aan Radebe se kantoor oorhandig.

Hy het volgens die departement van justisie gesê hy het die onderhoud in sy persoonlike hoedanigheid toegestaan en nie as hoof van die SOE nie.

Tlali Tlali, woordvoerder vir Radebe, het gister gesê Heath se lot sal reeds vandeesweek bekend wees.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: willem heath

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.