Heath kan weer vir Jeff Radebe werk

2011-12-18 08:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Oudregter. Willem Heath, voormalige hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), kan heraangestel word as die hoof-regsraadgewer van Jeff Radebe, minister van justisie.

Heath het as Radebe se spesiale raadgewer bedank toe hy 20 dae gelede deur pres. Jacob ­Zuma as hoof van die SOE aangestel is.

Hy het die afgelope week bedank nadat sy werk “onhoudbaar” geraak het.

Twee dae ná sy aanstelling het Heath in ’n onderhoud met City Press, susterkoerant van Rapport, gesê hy glo Zuma was die slagoffer van ’n sameswering wat deur oudpres. Thabo Mbeki en adv. Bulelani Ngcuka, gewese vervolgingshoof, gedryf is.

Radebe sê in ’n verklaring wat Heath se bedanking aankondig: “Ons wil graag adv. Heath bedank vir die bekwaamheid en waardering wat hy getoon het nadat die indruk, reg of verkeerd, met sy aanstelling gewek is dat hy nie in die posisie is om sy pligte op ’n onafhanklike manier uit te voer nie.”

Radebe, ’n bondgenoot van Zuma, het Heath in 2009 ná die nasionale verkiesing as sy spe­siale regsraadgewer aangestel.

Op die vraag of Radebe dit sal oorweeg om Heath wéér aan te stel nadat hy as hoof van die SOE bedank het, sê Tlali Tlali, woordvoerder van die departement van justisie, die minister “moet nog daaroor dink”.

Radebe het nie op spesifieke vrae gereageer nie, soos of hy geweet het van Heath se siening oor Mbeki se rol in die anti-Zuma-“sameswering”.

“Ons het verklarings uitgereik waarin dit duidelik gestel word dat die kommentaar van adv. Heath in sy persoonlike hoedanigheid gedoen is,” het Tlali gesê. “Sy kommentaar het dus niks met die regering te doen nie.”

Tlali sê die pos van spesiale raadgewer hoef nie geadverteer te word nie. “Die minister sal nog besluit of hy die advokaat wil heraanstel en of hy op iemand anders besluit.”

Op ’n vraag of Radebe ondersoek sal instel na Heath se bewerings oor betalings wat “weggesteek” is en “wat gesien kan word” as omkoopgeld namens die oorlede mynmagnaat Brett Kebble, sê Tlali: “As die samewerking van adv. Heath met die Kebbles enigsins met ’n strafregtelike oortreding te doen het, sal dit deur die toepaslike mense ondersoek word.”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.