Heath 'het nie beroerte gehad'
2011-12-15 09:34
Kaapstad. – Gerugte dat oudregter Willem Heath ’n beroerte gehad het, is ongegrond.
Heath, wat onlangs deur pres. Jacob Zuma aangewys is as die nuwe hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), het Donderdagoggend “siekerig gevoel en ’n dokter gaan sien”, het ’n woordvoerder van die SOE aan Die Burger gesê.
Verskeie toetse is op Heath gedoen, “maar niks ernstig is gevind nie”.
Die woordvoerder, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het gesê Heath was Woensdagmiddag terug op kantoor in Kaapstad.
Die Burger het by ’n ander bron in die departement van justisie ook navraag gedoen oor Heath se gesondheid en het dieselfde boodskap ontvang.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Die Burger