'Heath-bedanking wys Zuma se swak leierskap'
2011-12-15 23:00
Johannesburg – President Jacob Zuma het Donderdag die bedanking van die nuut aangestelde hoof van die spesiale ondersoekeenheid, Willem Heath, aanvaar.
Heath het na gesprekke met die minister van justisie, Jeff Radebe, bedank.
Die adjunkdirekteur van nasionale vervolging Nomxobo Jiba sal in die pos waarneem totdat 'n permanente aanstelling gemaak kan word.
Radebe sê die bedanking volg op media-kommentaar wat aan Heath toegeskryf word wat daarop sinspeel dat hy dalk nie objektief is nie.
Heath het oudpresident Thabo Mbeki in 'n koerantonderhoud daarvan beskuldig dat hy president Jacob Zuma 'n paar jaar gelede valslik by 'n verkragtingsaak betrek het.
Cope het intussen gesê Heath se bedanking is verdere bewys van Zuma se gebrek aan leierskap en sy swak besluitneming.
Die ANC het sy spyt uitgespreek or die nuus dat Heath as hoof van die spesiale ondersoekeenheid bedank het.
Die party het ook bewerings verwerp dat dit enigiets te doen het met Zuma se gebrek aan besluitneming met die aanstelling van Heath, maar met opmerkings wat hy in sy persoonlike hoedanigheid gemaak het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA