Hawelose man sterf in brand
2011-05-15 16:27
Johannesburg – 'n 52-jarige hawelose man is dood nadat 'n brand in 'n verlate gebou op die hoek van Smith- en Solomonstraat in Braamfontein ontstaan het, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Percy Morokane, 'n woordvoerder, het gesê die man is onherkenbaar verkool.
Daar word vermoed dat 'n kers die brand veroorsaak het.
Sowat 30 mense het in die verlate kantoorblok van Spoornet gewoon, het Morokane gesê.
Morokane het gesê baie hawelose mense soek verlate geboue om van die winterkoue te ontsnap.
Hy het eienaars van geboue aangeraai om seker te maak dat hule eiendom behoorlik afgesper en gesluit is sodat hawelose mense nie daar kan bly nie.
Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA