Hawelose man in Groenpunt gesteek
2010-07-23 03:16
Kaapstad – ‘n 29-Jarige man is ernstig beseer nadat hy in ‘n parkeerarea in Groenpunt gesteek is.
Die man, wat op die straat woon, is glo deur sy broer se meisie gesteek, het die polisie gesê.
Volgens Lauren Copley, woordvoerder van Netcare911 het die voorval Dinsdagaand omstreeks 20:00 in ‘n parkeerarea oorkant die Verkeersdepartement in Somerset-weg gebeur.
Die man is in sy bors en long gesteek.
‘n 28-Jarige vrou is in verband met die voorval in hegtenis geneem en sal binnekort in die Kaapstadse landdroshof verskyn.
Intussen wag die polisie op die uitslae van ‘n lykskouing nadat ‘n man se lyk Maandag in die hawe van die V&A Waterfront gedryf het.
Volgens ao. November Filander is die man se ouderdom steeds nie bekend nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA