Hatfield: 30% van elektrisiteit herstel
2011-06-28 10:34
Johannesburg – Dertig persent van Hatfield se kragtoevoer is weer herstel nadat beskadigde kabels die woonbuurt in donkerte gelaat het, het die Tshwane-munisipaliteit Dinsdag gesê.
“Tegnici het deur die nag gewerk om die skade aan die kabel wat die omgewing van elektrisiteit voorsien te herstel,” het woordvoerder Console Tleane in ‘n verklaring gesê.
Kontrakteurs wat in die omgewing werk het Maandag ‘n 11-kilowatt kabel beskadig.
Inwoners, ambassades en uitsaaikantore oos van Orient- en Frances-strate is geraak.
“Daar word beraam dat die ander 70% van die kragtoevoer in die omgewing teen Dinsdag vroegmiddag herstel sal wees.”
“Verbruikers word gevra om alle nie-noodsaaklike elektriese toestelle af te skakel om die lading op die elektriese netwerk te verlig.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA