Hartbaba sterf
2010-03-05 12:37
Johannesburg - Ashleigh Louw, die babadogtertjie wat met 'n gedeelte van haar hart buite haar bors gebore is, het in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal gesterf.
Ashleigh is op 9 Januarie gebore en het op 17 Januarie 'n reuse-operasie ondergaan om dié gedeelte van haar hart terug in haar bors te plaas.
Kenners en haar gesin was optimisties oor die vooruitsig van haar herstel ná die operasie, maar haar toestand het sedertdien verswak ná sy longontsteking opgedoen het.
Dr. Pungie Lingham, kliniese bestuurder van die hospitaal, het gesê sy is omstreeks 12:00 dood, maar hy kon nie die oorsaak van haar dood bekend maak nie.
– Sapa